Opa Heini brood

Gedurende die1880's migreer 'n man met die naam van Carl Ghotlieb Schindler na Suid-afrika. Hy het groot geword in 'n dorp met die naam van Langenhennersdorf die sentraal noorde van Duitsland. Hy het aanboord gegaan op 'n skip in Hamburg. Na 'n tydperk van beproewinge en verdere opleiding as sendeling vestig Carl homself in n sending stasie naby Marico in 'n omgewing met die naam van Pella waar hy dan voort gaan met die Lutherse sending onder die plaaslike bevolking.
Later van tyd het hy 'n stukkie grond bekom op n plaas Rickertsdam. Dit was tydens hierdie tydperk wat sy vrou gereeld brood gebak het in 'n buite-oond en dan so vir die arbeiders kos voorsien het. 'n Tradisie wat dan later deel van my lewe geword het toe ek daar op my Oupa Heini se plaas groot geword het. Hierdie brood het sy weg gevind tot op ons kombuistafel wat ek dan met soveel smaak saam met botter, rooibostee en tuisgemaaked vye konfyt geëet het. Iets wat my altyd sal bybly en altyd na sal terugdink met 'n groot glimlag op my gesig. Die brood was gebak met rou suurdeeg wat mamma in die spens gekweek het, en die koring wat grof gemaal was, wat dan in n baie grood bak geknie en voorberei was buite onder die silwer eikebome by die kombuis.
Hierdie volgraan suurdeegbrood verteenwoordig 'n jeugdige, eerlike, heilsame en sorgvrye tyd in ons lewe!

Al ons brood word gebak met klipgemaalde organiese meel, geen preserveermiddels of bleikmiddels word bygevoeg nie ons maak gebruik van natuurlik gegisde suurdeeg ons bak drie brode 'n wit brood, 'n bruin brood, en volgraanbrood